Ekwatoriaal-Guinee

Republiek Ekwatoriaal-Guinee
República de Guinea Ecuatorial (Spaans)
République de Guinée équatoriale (Frans)
República da Guiné Equatorial (Portugees)
Vlag van Ekwatoriaal-Guinee Wapen van Ekwatoriaal-Guinee
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Unidad, Paz, Justicia
(Spaans vir: "Eenheid, Vrede, Geregtigheid")
Volkslied:
Caminemos pisando las sendas de nuestra inmensa felicidad
(Spaans vir: "Kom ons loop die paaie van ons groot vreugde")
Ligging van Ekwatoriaal-Guinee
Hoofstad Malaboa

3°45′N 8°47′O / 3.750°N 8.783°O / 3.750; 8.783

Grootste stad Bata
Amptelike tale Spaans, Frans en Portugees[1][2]
Regering Dominante party
semi-presidensiële republiek
Teodoro Obiang Nguema Mbasogo
Teodoro Nguema Obiang Mangue
Manuel Osa Nsue Nsua
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van Spanje
• Huidige grondwet


12 Oktober 1968
16 November 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
28 051[3] km2  (145ste)
10 830,6 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2024-skatting
 - Digtheid
 
1 795 834[3] (154ste)
64 / km2 (187ste)
165,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$29,226 miljard[4] (148ste)
$18 378[4] (90ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$10,708 miljard[4] (156ste)
$6 733[4] (95ste)

MOI (2022) 0,650[5] (133ste)  –  medium
Geldeenheid Frank (XAF)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .gq
Skakelkode +240
a. Ciudad de la Paz (onder konstruksie).

Ekwatoriaal-Guinee (Spaans: Guinea Ecuatorial, [giˈnea ekwatoˈɾjal], ; Frans: Guinée équatoriale; Portugees: Guiné Equatorial), amptelik die Republiek Ekwatoriaal-Guinee (Spaans: República de Guinea Ecuatorial, [reˈpuβlika ðe ɣiˈnea ekwatoˈɾjal], ; Frans: République de Guinée équatoriale, [ʁepyblik də ɡine ekwatoˈʁjal]; Portugees: República da Guiné Equatorial, [ʁɛˈpublikɐ dɐ giˈnɛ ˌekwɐtuɾiˈaɫ]), is 'n republiek geleë in Sentraal-Afrika met 'n oppervlakte van 28 000 vierkante kilometer. 'n Voormalige kolonie van Spaans-Guinee, en die onafhanklikheidsnaam is verleen aan die gebied waar dit geleë is, naby die Ewenaar, asook die Golf van Guinee. Ekwatoriaal-Guinee is die enigste soewereine land van Afrika waar Spaans die amptelike taal is. Volgens die 2024-skatting is die geraamde bevolking byna 1,8 miljoen.[3]

Nasa-satellietbeeld van Ekwatoriaal-Guinee
Kaart van Ekwatoriaal-Guinee

Ekwatoriaal-Guinee bestaan uit twee dele, afsonderlike eilande en die vastelandstreek. Die eilande van Ekwatoriaal-Guinee bestaan uit die eilande van Bioko (voorheen Fernando Pó) in die Golf van Guinee en die provinsie van Annobón, 'n klein vulkaniese eiland suid van die ewenaar. Bioko-eiland is die mees noordelike deel van Ekwatoriaal-Guinee en is die setel van die land se hoofstad Malabo. Die eilandstaat São Tomé en Príncipe lê tussen Bioko en Annobón. Die vastelandgebied Rio Muni grens aan Kameroen in die noorde en Gaboen aan die suide en die ooste. Dit is die gebied van Bata, Ekwatoriaal-Guinee se grootste stad, en Ojala, die land se beplande toekomstige hoofstad. Rio Muni sluit ook verskeie klein eilandjies in soos Corisco, Elobey Grande en Elobey Chico.

Sedert die middel-1990's het Ekwatoriaal-Guinee een van Afrika suid van die Sahara se grootste olieprodusente geword. Met 'n bevolking van meer as 750 000 is dit, per kapita, die rykste land in Afrika,[6] en sy Bruto binnelandse produk (BBP) per kapita is die 69ste grootste in die wêreld;[7] Die rykdom word egter baie oneweredig versprei en baie min mense baat by die olierykdomme. Volgens die Verenigde Nasies het minder as die helfte van die bevolking toegang tot skoon drinkwater en 20% van die land se kinders sterf voordat hulle vyf jaar oud is.

Die land se outoritêre regering spog met een van die swakste rekords vir menseregte in die wêreld en word permanent onder die "swakste onder die swakkes" van Freedom House se jaarlikse verslag oor politieke- en burgerregte gereken.[8] Verslaggewers Sonder Grense plaas president Teodoro Obiang Nguema Mbasogo onder hul "roofdiere" van persvryheid.[9] Mensehandel word veral uitgesonder in die Amerikaanse Trafficking in Persons Report van 2012, met verwysing dat: "Ekwatoriaal-Guinee 'n bron en bestemming is vir vroue en kinders waar hulle onderwerp word aan dwangarbeid en sekshandel." Die verslag plaas Ekwatoriaal-Guinee op "vlak 3" as 'n land op die laagste (slegste) vlak.

  1. (pt) Government of the Republic of Equatorial Guinea (22 Julie 2014). "Guinea Ecuatorial, miembro de la Comunidad de Países de Lengua Portuguesa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 30 Junie 2016.
  2. (en) "Equatorial Guinea Adds Portuguese as the Country's Third Official Language". PRNewsWire. 14 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 18 Julie 2015.
  3. 3,0 3,1 3,2 (en) "Equatorial Guinea". Central Intelligence Agency. Besoek op 19 Augustus 2024.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Equatorial Guinea". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 19 Augustus 2024.
  5. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 19 Augustus 2024.
  6. (en) GDP – per capita (PPP) – Country Comparison.
  7. (en) GDP – per capita (PPP) Geargiveer 24 April 2013 op Wayback Machine, The World Factbook, Central Intelligence Agency.
  8. (en) "Worst of the Worst 2010" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 November 2010. Besoek op 22 November 2010.
  9. (en) Equatorial Guinea – Reporters Without Borders Geargiveer 15 Oktober 2010 op Wayback Machine.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search